Vryburger Omgeemense

PRETORIA

Ons Missie

Ons missie is om donateurs, begunstigdes en lede te verbind sodat ons die gemeenskap kan dien en ondersteun. Jou bydrae help lewens verander.

Deur samewerking en deursigtigheid streef ons daarna om volhoubare projekte in Pretoria te vestig wat 'n tasbare verskil maak in die lewens van diegene wat dit die nodigste het.

Ons Fokus Areas

  • Gemeenskapsopbou: Ons bou brûe tussen mense om 'n sterker Pretoria te skep.
  • Noodverligting: Direkte hulp aan gesinne en organisasies in krisistye.
  • Volhoubaarheid: Projekte wat langtermyn groei en stabiliteit bevorder.
Vryburger Omgeemense van Pretoria

Die brug tussen
gee en ontvang

Omgeemense Pretoria ontvang self niks vir sy eie onthalwe nie — dit skakel donateurs en fondsinsamelings aan die een kant, met begunstigdes wat hulp nodig het aan die ander kant.

Omgeemense Pretoria is die brug — nie die bron, en nie die bestemming nie.

Donateurs

Geld- en fisiese skenkings van individue en besighede

Fondsinsamelings

Veilings en ander geleenthede wat fondse genereer

Omgeemense Pretoria

Die brug

  • Kos vir kinders
  • Aflaai van skenkings
  • Versamel skenkings — klere, komberse & toerusting
  • Tamaaibraai

Begunstigdes

Ontvang praktiese hulp deur konkrete projekte

  • Komberse-uitdeel
  • Voedingskemas
  • Bejaarde hulp, en ander

Sonder die brug sou 'n donateur nie geweet het wie hulp nodig het nie — en 'n begunstigde sou nie toegang tot skenkers of fondsinsamelings gehad het nie.

VRYBURGER OMGEEMENSE VAN PRETORIA