include '/includes/google-analytics';

Vryburger Omgeemense

PRETORIA

Ons Begunstigdes

Hierdie organisasies maak 'n daadwerklike verskil in Pretoria met die getroue ondersteuning van die Vryburgers and Omgeemense.

Registreer Hier vir Hulp

Maranata Care Centre

Geen spesifieke behoeftes gelys nie.

Blommefonds

Blommefonds

Die missie van die Blommefonds Pretoria is die voorsiening van behuising vir
selfonderhoudende ouer persone teen die laagste moontlike koste en 'n mate
van sosiale en maatskaplike sorg. Inwoners word instaat gestel om 'n waardige
lewenstandaard te handhaaf en finansieël onafhanklik te bly vir so lank as
moontlik

Donasie itv Klere, Huisware en andere.

Dynamic Women for Children NPC

Dynamic Women for Children NPC

Veilige hawe vir kinders, meestal laerskool kinders vanaf 6h00 - 18h00 weeksdae. Versorging van kinders, 3 maaltye, kyk dat hulle skoon is en netjies aangetrek is. Hulle help ook die ouers om weer op hulle voete te kom. Dit is afrikaanse kinders van alle rasse.

Klere, hulle verkoop klere, die fondse wat deur die verkope ingesamel word gebruik vir brandstof om die kinders daagliks op en af te laai. Daar word eers aan die organisasie se behoeftes voorsien voordat die klere verkoop word. Hulle het ook 'n behoefte a

Laerskool Kameelfontein

Laerskool met behoeftige kinders

Kos vir kinders

Norkem Park Primary

Laerskool /Primary School

Kos vir Kinders: https://www.norkem.co.za/care-at-norkem-park-primary/

SAVF Huis Silversig Old Age Home

SAVF Huis Silversig Old Age Home

Huis vir oumense en demensie-pasiente

Hulle is huidiglik een van ons begunstigdes vir ons jaarlikse Tamaaibraai asook die hekel vir liefdadigheid, maar hulle behoeftes sluit ook in finansiële ondersteuning, kos, geselskap, bederfdae ens. in

Alfa en Omega Sorgsentrum

Alfa en Omega Sorgsentrum

Alfa en Omega Spesiale Sorgsentrum, geleë in Waverley, Pretoria, is 'n niewinsgewende organisasie (NPO) wat residensiële sorg en ondersteuning bied vir fisies en intellektueel gestremde kinders en volwassenes. Gestig in 1989, bied dit dienste om die lewensgehalte van gestremde inwoners te verbeter. Daar is tans ongeveer 40 inwoners waarvan meeste afhanklik is van hulle SASSA inkomste en hulp van familie en 9 wat slegs SASSA ontvang sonder enige familie.

Geselskap, bederf, vars groente en vrugte, inkleurboeke, puzzles, leesboeke, handwerkmateriaal soos krale, wol, ens., persoonlike higiëne produkte vir inwoners sonder familie.

Moeggesukkel

Moeggesukkel

Die organisasie funksioneer as 'n rehabilitasiesentrum en veilige hawe in Centurion (Mnandi). Hulle fokus op:

Rehabilitasie: Hulp aan individue wat worstel met verslawing.

Skuiling: Behuising vir haweloses, bejaardes wat verlaat is, en mense in krisissituasies.

Voeding: Hulle bedien ongeveer 7 000 borde kos per maand aan inwoners en behoeftiges in die omgewing.

Werkskepping: Hulle help mense om hul waardigheid te herwin deur hulle by werks- en vaardigheidsprojekte betrokke te kry (soos die maak van pannekoeke of kamp-inisiatiewe).

Kos, klere, fondse en fisiese donasie van enige iets

Kompas

Kompas

Louise Rossouw is die Besturende Direkteur (of hoof-organiseerder) van die Kompas-bediening (dikwels gekoppel aan die Kompas Bybelklub en Kompas Jeug). Sy is reeds jare lank die dryfkrag agter die kurrikulumontwikkeling en die uitrol van hierdie Bybelgebaseerde programme in skole en gemeenskappe

Kos, klere, donasies en bybel materiaal

Is u 'n welsynsorganisasie in Pretoria?

Benodig u hulp met kos, klere of ander noodsaaklikhede vir u gemeenskap?

Registreer Hier vir Hulp